R 2,550,000 Bond Calculator

Townhouse For Sale

Ref # 1208722 : Faerie Glen , Pretoria , Gauteng

Prys onderhandelbaar - kom kyk!

Faerie Glen Renaissance - Baie gewilde vlagskip aftree-oord in Haymeadow Singel,Faerie Glen.

Daar is `n 3D model,toer en vloerplan beskikbaar.

Onderhandel die beste prys op hierdie eiendom deur ons!

Mooi,versorgde gemeenskaplike tuine en eenhede is nie so opmekaar nie.

24 uur toegangsbeheer.

Slegs vir ouderdom 50 jaar+

Deeltitel simpleks met ruim 2 slaapkamers en 2 badkamers.Die hoofslaapkamer het baie kaste en en-suite badkamer met bad,wasbak en toilet.

Die tweede badkamer het `n stort,wasbak en toilet.

Ruim,sonnige,lugverkoelde oop plan sit en eetkamer leefarea wat na die groot kombuis vloei met hope kaste en pakplek (tot teen die plafon),ooghoogte oond asook `n aparte opwas area.Die kombuis se agterdeur (asook `n deur in die hoofslaapkamer) lei na `n ommuurde,onderdak (louvre oop/toe dak) stoep area wat Suid kyk en `n verdere deur wat na die gemeenskaplike tuin lei.

Die dubbel outomatiese motorhuis (7,6 x 5,5 meter) loop direk in die leefarea in en het ekstra spasie voor die voertuie asook `n groot ingeboude kluis.Voor die motorhuis is `n dubbel afdak.

Die leefarea vloei na `n lekker groot onderdak (louvre oop/toe dak) stoep met ingeboude braai wat Noord kyk (nie ommuur nie,met uitsig).

Die eiendom spog met `n hele lys eienskappe wat `n mens min kry:

*Soliede bamboes houtvloere regdeur die huis,behalwe vir die badkamers en opwas (Vinyl).

*Lugverkoelde leefarea en hoofslaapkamer.

*Reenwater sisteem,met `n elektriese pomp vir waterdruk,wat water stoor in tenks wat 17000 liter water kan vat.Al die pype is netjies verseel.

*Elektriese generator wat outomaties aanskakel as Eskom se krag sou afgaan (generator is op die suidelike stoep geinstalleer).

*Sonpanele op die dak wat permanent die geyser verhit asook `n reguleerder wat oorskakel na gewone elektrisiteit sou dit nodig wees.

*Ondervloerse verhitting in die leefarea.

*Doelontwerpte erf hellings en ondergrondse pype om oortollige reenwater weg van die eiendom te lei.

*Baie ekstra kaste.

*Film op die sitkamer vensters wat die klimaat gemiddeld hou.

Die eiendom se vloer grootte is 244 m2 wat bestaan uit die binnevloer area van 206 m2 ; noordelike stoep van 23 m2 en suidelike ommuurde stoep van 15 m2.

Die heffing is R2700 tot R3000 p/m wat water en elektrisiteit insluit (dus varieer).

Erfbelasting is R1486 p/m.

Daar is versorgingsfasaliteite (frail care) beskikbaar by The Palms aftreeoord in Silverton, ge-assosieerd met Faerie Glen Renaissance.

Daar is `n 3D model,toer en vloerplan beskikbaar.

Dis `n volpakket eiendom wat moet gesien word!